‘En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees.!’
– Dit is ‘n wonderlike gedagte om te weet dat ons Sy vrede in ons lewens kan geniet.
– Feit is, ons kan Sy vrede ALTYD ken en dit in ELKE situasie ondervind.
– Die Here is die oorsprong en bron van alle vrede.
– Ons hinker almal na vrede, maar ons kan dit slegs in die ‘Prins van Vrede’ vind.
Gebed: Vader, dankie vir die vrede wat U in my lewe en situasie bring. Ek ontvang nou dadelik U vrede en vra dat U vrede my lewe en my situasie sal indring. Amen.