‘sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word …’
– Ons moet ons lewens so leef dat ons God verheerlik.
– Ons kan God verheerlik deur wat ons doen, hoe ons optree en hoe ons lewe.
– Kom ons maak dit ons uiterste doel in die lewe.
– Kom, ons maak die Here groot en laat ons Sy Naam tot in ewigheid verhef.
Gebed: Vader, ek kies om aan U al die lof en eer te bring wat U Naam toekom. U is vir seker ‘n Groot God en ‘n wonderlike Hemelse Vader en mag my lewe dit aan die wêreld om my, weerspieël. Amen.