Daaglikse Bybel Vers: 2 Kronieke 25:9
‘…..: Die HERE kan u baie meer gee as dit.’
– Ons moet dit wat God kan doen in ons situasies, nooit beperk nie.
– God kan veel meer doen as wat jy vra of selfs dink.
– Wat jy mag verloor het is niks in vergelyking met wat Hy nog vir jou kan gee.
– Ons dien ‘n baie Goeie Vader en Hy weet hoe om vir Sy kinders goed te wees.
Gebed: Vader, mag ek U nooit beperk of in U vermoë om dinge te herstel en om wonderlike ding te doen, twyfel nie. Mag ek in voortdurende verwagting en vertroue in U, lewe. Amen.