‘So sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.’
– Wanneer ons voor uitdagings en onsekerheid te staan kom, kan ons moedeloos raak.
– Moedeloosheid beroof ons van ons vreugde en van ons vrede.
– Vandag wil die Here vir jou sê: ‘Moenie moedeloos raak nie! ‘
– Die Here sal vir jou veg, omdat Hy jou liefhet en vir jou omgee.
Gebed: Vader, dankie vir die krag, vreugde en vrede wat U in my lewe inbring. Ek sal nie toelaat dat ‘n gees van moedeloosheid my treiter nie, omdat U vir my gesê het om nie te vrees of moedeloos te wees nie. Amen.