‘Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.’
– God se tydsberekening is altyd onberispelik, nooit te vroeg en nooit te laat nie.
– Op die regte oomblik tree Hy in en red en verlos ons.
– Miskien is hierdie oomblik die regte tyd vir jou?
– Mag hierdie nuwe dag en hierdie nuwe seisoen die nodige hulp vir jou bring.
Gebed: Vader, dankie dat U my geroep hoor en dat U presies weet hoe en wanneer om te help. Mag ek die geleenthede en die oop deure wat U oor my pad bring, herken en mag ek met vrymoedigheid en sonder vrees vorentoe tree. Amen.