‘Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus …’
– Dankbaarheid moet altyd ‘n belangrike komponent van ons daaglikse lewens wees.
– Om te kerm en kla bring net hopeloosheid en wanhoop in ons lewens.
– Dankbaarheid neem ons van ‘n plek van twyfel na ‘n plek van vertroue.
– Hy sal jou laat oorwin – verwag dit en bly dankaar in verwagting.
Gebed: Vader, dankie vir alles wat U in my lewe gedoen het. Ek sal vir ewig vir U goedheid en genade teenoor my dankbaar wees. Ek bid dat U my in oorwinning sal lei terwyl ek U loof en prys. Amen.