‘want die wapens van ons stryd is nie vleeslike nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,’
– Ons gryp dikwels na vleeslike wapens wanneer ons teëkanting vind.
– Hoe ons dinge hanteer kan veroorsaak dat dit in ons gesigte opblaas.
– Ons veg ons stryd met verskillende wapens en strategië.
– HY maak Sy goddelike krag aan ons beskikbaar om vestings neer te werp.
Gebed: Vader, mag ek deur U goddelike krag bekragtig word in my lewe. Help my om nooit dinge in my eie hande te neem nie, maar mag U krag die vestings wat ek teëkom, neerwerp. Amen.