Daaglikse Bybel Vers: 2 Konings 6:16
‘Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.’
– In die lewe kan dit soms voel of daar meer teen ons is as wat met ons is.
– Jy kan selfs oorweldig en omsingel voel.
– Dit mag lyk of jy omsingel is, maar dit kan wees dat jy deur HOM omsingel is.
– So, jy hoef nie te vrees nie, want die Here is met jou en Hy belowe om jou nooit te verlaat nie.
Gebed: Vader, maak nie saak wat ek moet hanteer nie, ek sal myself herinner dat U groot is en dat U met my is en dat daar meer met my is dan die wat teen my is. Amen.