Daaglikse Bybel Vers: 2 Konings 3:16
‘So spreek die HERE: Maak hierdie dal vol gate. ‘
– Die Here kan ons soms vra om die vreemdste dinge te doen.
– Ons mag miskien nie eers verstaan hoekom Hy vir ons sê om sekere dinge te doen of te sê nie.
– Wanneer dit gebeur kan jy weet dat die Here jou vir ‘n wonderwerk gereed maak.
– Kom ons wees gehoorsaam en doen wat Hy sê, selfs al verstaan ons nie, dan sien ons wat Hy sal doen.
Gebed: Vader, mag ek getrou wees in gehoorsaamheid om te doen wat U vir my lei en sê om te doen. Ek weet dat U eenvoudige aksies van gehoorsaamheid kan neem en hulle in wonderwerke uit U hand kan omskep. Amen.