Daaglikse Bybel Vers: 2 Konings 19:14
‘En toe Hisikia die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hisikia het dit voor die aangesig van die HERE uitgesprei.’
– Hisikia het net ‘n slegte tyding oor sy toekoms vanaf sy vyande ontvang.
– Sy vyande het gedreig om hom en sy koninkryk te vernietig.
– Die eerste ding wat hy gedoen het toe hy die tyding ontvang het was om God se teenwoordigheid op te soek.
– Daar het Hy dit alles voor God neergelê, wetende dat God altyd die finale seggenskap het.
Gebed: Vader, dankie dat ek U volkome kan vertrou. Ongeag wat mense mag sê of watter soort verslag ek ontvang, ek kies om die Here se verslag te glo. Amen.