Daaglikse Bybel Vers: 2 Konings 18:5
‘Hiskia het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda nà hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.’
– Wanneer ons ‘n lewe lei waarin ons op God vertrou, maak dit ons anders.
– Hierdie man het God vertrou en daar is van hom gesê dat hy nie soos ander mense was nie.
– As ons waarlik op God vertrou en van Hom afhanklik is maak dit ons anders as mense wat net so sê.
– Laat ons ‘n lewe van vertroue leef waar ons stil staan en die verlossing van God sien.
Gebed: Vader, Ek vertrou op U. Ek vertrou in U om my beskermer, my verlosser, my geneesheer en my voorsiener te wees. Mag ek ‘n voorbeeld vir ander rondom my wees van wat dit beteken om U werklik daagliks te vertrou! Amen.