Daaglikse Bybel Vers: 2 Konings 1:11
‘en vir hom gesê: Man van God, …’
– O dat mense dit van jou en van my sou sê.
– Kan mense na jou kyk en jou ‘n man of vrou van God noem?
– Ons moet so lewe dat ons Sy lig reflekteer.
– Wandel in die geloof en in die vaste oortuiging van wie jy in God is.
Gebed: Vader, ek bid dat as mense na my lewe kyk dat hulle sal sien dat ek in U weë wandel en dat ek poog om U te behaag in alles wat ek sê en doen. Amen.