‘En dit is die liefde, dat ons wandel volgens Sy gebooie….’
– Om gehoorsaam te doen wat God vir ons sê om te doen, is ‘n daad van liefde.
– Om te doen wat Hom behaag, is ‘n bewys van ons vertroue in Hom.
– Terwyl jy poog om God te volg en te gehoorsaam, eer jy Hom.
– Kom ons praat nie net nie, maar kom ons doen wat Hy sê ons moet doen en kom ons volg Hom.
Gebed: Vader, ek kies om gehoorsaam aan U instruksies en U leiding te lewe. Mag ek U leiding, U genade en U liefde ondervind, terwyl ek lewe om U te behaag en te eer. Amen.