‘…Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.’
– Ons maak dikwels staat op aardse dinge om te voorsien in dit wat ons nodig het.
– Ons kan uiteindelik ons vertroue in dinge plaas wat onseker is.
– Ons moet eerder, met volle vertroue, op die Lewende God vertrou.
– Jy kan veilig in Sy ewige arms rus.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek op dinge wat onseker is, staatmaak en vertrou. Ek kies om op U te vertrou. U is die een sekerheid waarop ek kan staatmaak. My hoop is op U – my Lewende God. Amen.