‘……en jaag nà die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.’
– Die dinge wat ons nastreef is baie belangrik in ons daaglikse lewens.
– As ons streef na die regte dinge bring dit lewe, om na die verkeerde dinge te streef kan ons vernietig.
– Ons moet na goeie dinge streef en dit wat boos en onvanpas is moet ons vermy.
– Kom ons wees mense wat aan die Here vaskleef en laat ons streef na dit wat Hom behaag en vir Hom ter ere is..
Gebed: Vader, dankie dat ek kan kies waarna ek sal streef en ‘n prioriteit in my lewe maak. Ek kies U en kies om te lewe sodat my lewe tot U eer sal wees. Amen.