‘en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou.’
– Ons geloof in God is die een ding wat ons deur die storms van die lewe sal dra.
– Ons moet aan ons geloof vasklou met elke weefsel van ons wese.
– Die Woord getuig dat sonder geloof is dit onmoontlik om die Here te behaag.
– Kom ons doen dus die regte ding en glo, glo, glo!
Gebed: Vader, ek begeer om die toetse in die lewe te slaag en om nie te faal of skipbreuk langs die pad te ly nie. Ek kies om op U te vertrou en aan my hoop in U vas te klou. Amen.