‘…, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, …’
– Hoe ons, ons lewens lei kan vir die Here eer en lof bring.
– Ons daaglikse lewe moet iets wees wat Hom vereer.
– Dit begin met elke besluit wat ons neem en elke houding wat ons kies.
– Wees gedetermineerd om te lewe sodat alles wat jy doen, Hom sal behaag.
Gebed: Vader, ek bid dat my lewe ‘n offer met ‘n welriekende geur aan U sal wees. U sien elke keuse en besluit wat ek neem en ek kies om te lewe sodat dit vir U lof en heerlikheid sal bring. Amen.