‘sodat Hy julle harte kan vesterk ……’
– Ons harte moet sterk wees om die dinge en uitdagings van die lewe te oorleef.
– Ons kan sterk harte hê, of ons kan harte hê wat ons as gevolg van vrees en bekommernisse in die steek kan laat.
– Die Here is die Een wat ons harte kan kom en versterk.
– Hy sal jou hart sterk maak sodat jy die lewe met vertroue kan aandruf.
Gebed: Vader, ek vra dat U sal kom en my hart rig en versterk. Verstrek my sodat ek vas kan staan in die storms van die lewe en om tot die einde in U krag te bly staan. Amen.