Toe het Samuel ‘n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp.’
– God se karakter en natuur verander nie soos ‘n wispelturige skaduwee nie.
– Hy is nie een oomblik getrou en die volgende oomblik ontrou nie.
– Hy het jou tot hier gebring en Hy het jou gehelp.
– Jy kan seker wees dat Hy sal aanhou om met jou te wees, en Hy sal jou help.
Gebed: Vader, dankie vir U groot en voortdurende getrouheid teenoor my. U het my tot by hierdie punt in my lewe gedra en U sal aanhou om my te dra totdat U alles voltooi het wat U vir my beplan het. Amen.