Daaglikse Bybel Vers: 1 Samuel 18:14
‘En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom.’
– Wanneer die Here met ons is, is ons vir sukses gerat.
– Ons kan dit nie op ons eie doen nie, ons het Sy hand in ons daaglikse lewens nodig.
– Die Here wil langs jou kom en veroorsaak dat jy voorspoedig in al jou doen en late is.
– Omhels Hom in jou lewe en jy sal sien wat Hy sal doen!
Gebed: Vader, die feit dat U met my is, gee my die krag wat ek nodig het. Ek open my lewe vir U en gee U die reg om my te lei en te rig. Amen.