‘Gaan dus staan, en kyk na hierdie groot saak wat die Here voor julle oë gaan doen.’
– Om groot dinge te doen is deel van God se ontsaglike karakter en aard.
– Geen situasie of omstandigheid is vir Hom te moeilik om te hanteer nie.
– Daar is groot dinge wat die Here vir jou wil doen.
– Wees afwagtend, staan vas in jou vertroue en in jou geloof – Hy kan!
Gebed: Vader, ek dank U vir die wonderlike dinge wat U vir my wil doen. Ek gee U elke area van besorgdheid en kommer, en ek vra U om dinge uit te werk vir my beswil en tot U heerlikheid en eer. Amen.