‘Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, ons tot God te bring…’
– Hierdie wêreld is nie jou tuiste nie.
– Jy het ‘n ewige tuiste met God, en Hy sal jou veilig tuis bring.
– Die prys is betaal en Christus het vir jou sondes gesterf.
– Die doel van Sy koms was om vir jou ‘n weg te maak.
Gebed: Vader, Ek besef vandag dat U die uiterste prys betaal het. Die Een wat nooit gesondig het nie, het gely vir dié wat het. Nou kan ek weet wat dit beteken om vry te wees en om te weet dat U my veilig na my hemelse tuiste sal bring. Amen.