Daaglikse Bybel Vers: 1 Petrus 2:24
‘wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe’
– Christus het ons sondes op die kruis in Sy liggaam gedra sodat ons van ons sondes vrygemaak kon word.
– Dit bring ons van angesig tot aangesig met ‘n groot verborgenheid.
– Dat Een al ons sondes en droefheid kon dra sodat ons fier kan loop en lewe.
– HY wil hê dat ons moet lewe vir dit wat rein is en nie die slawe van sonde wees nie.
Gebed: Vader, U groot opoffering is iets wat my steeds verbaas en verbyster. Hoe kon U soveel ly en soveel vir my doen? Ek wil stilraak en my dank en dankbaarheid vir wat U vir my gedoen het betuig! Amen.