Daaglikse Bybel Vers: 1 Kronieke 16:11
‘Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.’
– Na wat en waar soek jy na die hulp en krag wat jy nodig het?
– Moenie probeer om te lewe in jou eie krag nie.
– Hou jou oë gevestig op die Een wat al die krag besit wat jy nodig het.
– Bly in direkte verhouding met Hom en Hy sal jou deur dra.
Gebed: Vader, ek vertrou op U vir die krag wat ek nodig het. Ek sal nie mislei word of hoop verloor nie. U is my bron van krag en ek sal my oë op U gevestig hou. Amen.