Daaglikse Bybel Vers: 1 Korinthiërs 9:24
‘Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop sò dat julle dit sekerlik kan behaal.’
– Ons het elkeen ‘n wedloop wat ons moet hardloop.
– In hierdie wedloop moet ons houding gedetermineerd wees om te wen.
– Moenie oorgee aan negatiwiteit en nederlaag nie of moet selfs nie daaraan dink nie.
– Hardloop jou wedloop sodat jy jouself regmaak om die wedloop te wen en om te oorwin.
Gebed: Vader, Ek weet dat U my hier geplaas het en dat U vir my ‘n wedloop gegee het om te voltooi. Help my om nie op te gee of om op te hou nie, maar mag ek my wedloop gedetermineerd hardloop wetende dat U oorwinning vir my voorberei het. Amen.