‘maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.’
– Alles wat ons doen en elke woord wat ons sê, bou óf breek af.
– Elke dag is deel van die proses van bou op ons fondament in God.
– Net omdat ons ‘n moeilike seisoen beleef, beteken nie dat ons fokus verloor nie.
– Bou met volharding want elke oomblik en elke aksie is belangrik.
Gebed: Vader, dankie vir hierdie splinternuwe dag wat U my gegee het. Mag ek elke kosbare oomblik en elke geleentheid gebruik om so te bou dat my lewe ‘n blywende invloed vir U kan hê. Amen.