‘onse Here Jesus Christus, wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, …’
– Daar is nooit ‘n oomblik wanneer die Here Sy hand uit ons lewens onttrek nie.
– Hy sal elke tree van die pad met jou wees.
– Hy sal jou ondersteun sodat jy enduit kan slaag.
– Hy sal jou versterk namate jy Hom dag na dag vertrou.
Gebed: Vader, dankie dat dit U is wat my onderhou, dra en versterk terwyl ek in geloof lewe. Ek weet dat ek staande sal bly, omdat U met my is en my nooit sal verlaat nie. Amen.