‘want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede,…’
– Alles omtrent God is in lyn met Sy karakter en natuur.
– Verwarring, wanorde en drama is nie deel van Sy plan en doel nie.
– Waar God toegelaat word om Koning te wees, bring Hy vrede en goddelike orde.
– Strewe na Hom en Sy vrede en Hy sal dinge na orde herstel.
Gebed: Vader, dankie dat U nie ‘n God van verwarring en wanorde is nie. Ek beskou U as die God van vrede, wat vrede in my lewe bring en verwarring en onstabiliteit verwyder. Amen.