‘Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.’
– Ons moet almal uitdagings en struikelblokke op die lewenspad hanteer.
– Niemand is vrygestel nie en elke persoon se stryd is uniek en uitdagend vir hulle.
– MAAR die Here is altyd getrou en Hy sal altyd met ons in die storm wees.
– HY is die een Wie seker sal maak dat ons stande bly en die toets slaag.
Gebed: Vader, ek is verheug in U getrouheid teenoor my. Dankie dat U in my unieke uitdagings die steunpilaar van krag bly en die vesting van hoop, waarin ons sekuur kan bly staan. Amen.