‘En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.’
– As ‘n kind van God kan jy weet dat Hy jou gebede verhoor.
– Hy antwoord wanneer jy met ‘n opregte hart en volgens Sy wil vra.
– Ons moet glo dat Hy luister en dat Hy vir ons omgee.
– Hy is die Gewer van elke goeie en volmaakte gawe en Hy weet wat die beste vir jou is.
Gebed: Vader, dank U dat ek altyd seker kan wees dat U my hoor as ek U aanroep. Aangesien ek weet dat dit waar is, kan ek vertrou en op U reken om te antwoord en te voorsien. Amen.