Psalm 37:25
‘Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.’
– God se karakter verander nie wanneer menslike omstandighede verander nie.
– Die lewe is vol onbekendes, maar Sy getrouheid is bestendig.
– Jy mag dalk gevaar, gebrek en teenstand ervaar, maar dit is nie die einde nie.
– Jy sal ook God en Sy hand wat bewaar, ervaar.
Kom ons bid… Here, dankie vir U onwrikbare getrouheid aan U volk. Dit is ‘n versekering om te weet dat U my of my kinders nooit sal verlaat nie. Dankie vir die geborgenheid en vrede wat ek kan ervaar terwyl ek U volg. Amen.