Psalm 118:13 (NLV)
‘Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die Here het my gehelp.’
– Maar as dit nie vir die Here was nie, waar sou ons wees?
– Dit is die Here Self wat ons van die rand kan terugbring.
– Die Here kan ‘n toestand wat op die rand van ineenstorting staan, in ‘n uitkoms verander.
– In oomblikke wanneer ons oorweldig voel, behoort ons ons tot Hom te wend vir hulp.
Kom ons bid… Here, dit is wonderlik om te weet dat ek my na U kan wend en weet dat U my sal help. Mag ek nooit vergeet dat die uitdagings wat ek moet aandurf, geleenthede is om U krag en getrouheid te ervaar nie. Ek word dalk ‘hard gedruk’, maar U is met my! Amen.