Genesis 18:14
‘Sou iets vir die Here te wonderbaar wees?’
– God het die hemel en die aarde gemaak, waarom is jou probleem dan te groot vir Hom.
– Moenie toelaat dat verborge twyfel jou vertroue in God ondermyn nie.|
– Sy krag is onbeperk en niks is vir Hom te moeilik nie.
– Hy wat die lewe self geskep het, is in staat om alles ten goede vir jou te laat meewerk.
Gebed: Vader, ek kies om op U krag te vertrou, want niks is vir U te moeilik nie. Ek wil op U krag staatmaak en nie op my eie vermoëns nie. Ek wil aan U beloftes vashou, selfs wanneer my omstandighede onmoontlik lyk. Amen.