Psalm 27:4
‘Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE…’
– Wat is die een ding waarna jy met jou hele hart verlang?
– Fokus jou hart op God en strewe na meer van Hom.
– Hy is die Bron van al die begeertes en verlangens van die menslike siel.
– Rig jou oë op die toekoms en alles wat God belowe het.
Gebed: Vader, laat my hart op U gevestig bly. Mag ek U bo alles begeer en U elke dag van my lewe getrou volg. Help my om aan te hou om U te vertrou en om vorentoe te kyk na alles wat U vir my voorberei het. Amen.