1 Korinthiërs 15:57
‘Maar God Sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.’
– Die Here het geen voorneme om jou te versaak of te verlaat nie.
– Hy beskerm en bewaar jou in goeie en slegte tye.
– Die swakhede in ons lewens keer nie dat Sy wil geskied nie.
– Hy hou daarvan om oorwinning te bring in situasies waar geen oorwinning in sig is nie.
Gebed: Vader, dankie dat U oorwinning in my lewe bring. Wanneer ek swak of oorweldig voel, help my om op U krag en U onfeilbare sorg te vertrou. Amen.