Psalm 23:5b
‘my beker loop oor.’
– Die Here wil kom en jou beker tot oorlopens toe vul.
– ‘n Oorlopende beker is ‘n beeld van oorvloed en seën.
– God se vrygewigheid is groter as wat ons ooit kan dink.
– Die Here voorsien nie net genoeg om te oorleef nie, maar gee oorvloedig.
Gebed: Vader, dankie dat U my beker tot oorlopens toe vul. U goedheid en U vrygewigheid vul my met hoop. Help my om U as my Voorsiener te vertrou en met dankbaarheid in my hart te lewe. Amen.