Markus 4:39
‘En Hy…vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom.’
– Die ‘nagseisoen’ kan soms voel asof dit nooit sal eindig nie.
– Soms moet ons storms hanteer en die golwe lyk hoog en meedoënloos.
– Maar die Here is steeds met jou en die dagbreek kom.
– Hy sal sê: ‘Vrede, wees stil!’ en die storm sal eindig.
Gebed: Vader, spreek U vrede oor my in elke storm en nagseisoen. Kalmeer my angstige gedagtes en bring stilte oor alles wat my pla. Dankie dat U met my is, en dat helderder dae voorlê. Amen.