Romeine 9:17
‘Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou My krag kan toon en dat My Naam verkondig kan word op die hele aarde.’
– God heers oor alle gebeure en leiers, om Sy voornemens te bereik.
– Hy kan moeilike situasies in ons lewens gebruik om Sy heerlikheid te openbaar.
– Hy kan ook sulke uitdagings gebruik om ons geloof te versterk.
– Vertrou dat God alles tot Sy eer en jou beswil laat werk.
Gebed: Vader, dankie dat niks in my lewe in U hande vermors word nie. Gebruik elke situasie tot U eer en om my geloof te laat groei. Help my om te vertrou dat U alles met ‘n doel en met liefde laat uitwerk. Amen.