Daaglikse Bybel Vers: Psalm 89:35
‘Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal ek nie verander nie.’
– Die Here sal nooit Sy verbond en beloftes teenoor jou verbreek nie.
– Hy is ‘n God wat Sy beloftes nakom en Hy vervul elke woord wat Hy gespreek het.
– Dit mag miskien nie presies uitwerk soos wat jy beplan het nie, maar Hy sal jou nie faal nie.
– Hy is die getroue, betroubare God wat Sy verbond nakom.
Gebed: Vader, dankie vir U verbond van vrede oor my lewe. Ek herinner myself aan U getrouheid en ek vier die waarheid dat ek volkome op U kan staatmaak. Amen.