Psalm 91:14
‘Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken.’
– Die Here Almagtig is jou Verlosser
– Hy is al jou liefde en toewyding werd.
– Hy wil jou red en beskerm – dis deel van Sy omvattende sorg.
– Hy is jou Toevlug en jou Vesting, ‘n steun wat nooit faal nie.
Gebed: Vader, U is my Toevlug en my Vesting. Ek kies om U lief te hê en op U Naam te vertrou. Red my, beskerm my en omring my met U getroue sorg. Ek rus veilig in U. Amen.