Psalm 25:9
‘Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges Sy weg leer.’
– Die Here wil jou lei, rig en leer.
– Om op jou eie krag en wysheid te vertrou, lei tot strewe.
– Om die “Regte Man” aan ons kant te hê, lei tot oorwinning.
– Sy hand in ons lewens maak die verskil.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my is en dat U my sal leer en lei. Ek onderwerp my lewe aan U almagtige hand. U is my vesting en my sterk toring. Amen.