Jesaja 35:1
‘DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ‘n narsing;’
– Die Here kan lewe en oorvloed uit onvrugbaarheid bring.
– Hy kan dinge neem en dit omdraai.
– Hy kan skoonheid en nuwe lewe in droë en hopelose situasies bring.
– Soos ‘n woestyn kan blom, kan ons harte en lewens ook blom as ons op Hom vertrou.
Gebed: Vader, dankie vir die manier waarop U kom en dit wat hopeloos en verlore lyk, in iets pragtigs omskep. Ek gee U daardie sukkelende areas van my lewe en ek vra U om hulle te laat blom. Amen.