Psalm 31:15
‘Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: U is my God.’
– Ons moet soms die waarheid waarin ons glo, uitspreek.
– Om op die Here te vertrou is deel van ons geloof en ons Christelike lewe.
– Trouens, ons word aangemoedig om met ons hele hart op die Here te vertrou.
– Laat dit jou persoonlike bevestiging wees en sê: U IS MY GOD
Gebed: Vader, U IS MY GOD. Dit is ‘n vreugde om te weet dat ek my tot U kan wend, dat ek U kan aanroep en dat ek kan vertrou dat U my geroep gehoor het en dat U my sal antwoord en ophef. Amen.