Exodus 14:14
‘Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.’
– God is aktief betrokke by die verlossing van Sy mense.
– Ons kan dit soms belemmer deur dit self te probeer oplos.
– God sal namens jou ingryp.
– Moenie uit vrees of paniek reageer nie, maar rus in Sy vermoë om jou te help.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U met my sal wees, U sal langs my staan en U sal vir my veg. Ek kies om te vertrou op die werk wat U doen en daarom laat ek sake in U hande, want U kan dit vir my hanteer. Amen.