Deuteronòmiüm 7:9
‘Jy moet dan weet dat die Here jou God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou …’
– Onthou dat die HERE die enigste ware God is.
– Jy is bevoorreg om ‘n baie unieke verhouding met Hom te hê.
– Deel van daardie verhouding is die belofte van Sy getrouheid.
– God inisieer en handhaaf Sy verbond met ons, ten spyte van ons tekortkominge.
Gebed: Here, dit is wonderlik om te weet dat ek kan lewe met die wete dat U God is en dat U my God is. Dankie vir U getrouheid en dat U ‘n God is wat Sy beloftes hou. Amen.