2 Korinthiёrs 3:12
‘Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;’
– Kom ek herinner jou dat jy met hoop gevul kan word.
– Jou hoop is op die fondament van God se beloftes gebou.
– Dit is nie wensdenkery om hoop te hê nie.
– Hoop is op God se getrouheid gabaseer en dit gee ons krag.
Gebed: Vader, dankie vir die hoop wat ek in U het. U is die krag van my lewe, U is die rots waarop ek veilig staan en U is die lig in my duisternis. Daarom sal ek sterk en dapper wees. Amen.