2 Korinthiёrs 2:15 Afr20
‘Want ons is ‘n aangename geur van Christus aan God, vir dié wat verlos word, én vir dié wat verlore gaan.’
– Ons lewens moet ‘n geur en ‘n lieflike aroma vir God wees.
– Ons moet Sy liefde ook aan almal rondom ons weerspieël.
– Die manier waarop ons, ons lewens vir God lewe, beïnvloed die mense rondom ons.
– Leef ‘n lewe van daaglikse oorgawe en gehoorsaamheid aan Sy wil.
Gebed: Vader, ek kies om ‘n lewe van oorgawe en gehoorsaamheid aan U te leef. Mag my lewe ‘n offer en ‘n aangename geur vir U wees, en mag my lewe almal rondom my aanraak en beïnvloed. Amen.