Exodus 16:10b
‘…draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die Here in die wolk’
– Ons moet voortdurend voorbereid wees om God oral om ons te sien.
– Hy wil Sy teenwoordigheid ‘n lewende werklikheid in ons lewens maak.
– Hy wil hê dat ons Sy hand aan die werk in ons situasies moet verwag en sien.
– Selfs al lyk dit onwaarskynlik, wil Hy Homself aan jou openbaar.
Gebed: Vader,mag die oë van my hart oopgaan om U hand in my lewe aan die werk te sien. Mag ek nie daardie spesiale en unieke oomblikke mis wanneer U teenwoordigheid skielik rondom my ervaar kan word nie. Mag ek U heerlikheid sien, selfs wanneer ek uitdagings moet hanteer. Amen.