Miga 7:8 Afr20
‘Moet jou nie oor my verlustig nie,my vyand. Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in die donker, die Here is vir my ‘n lig.’
– Oorwinning is in sig en oorwinning is jou bestemming.
– Dit mag dalk vir ‘n tyd lank gelyk het of die vyand die oorhand gehad het.
– Maar die Here is met jou en Hy is jou lig.
– Staan dus op, staan en neem jou posisie in, God is met jou.
Gebed: Vader, dankie dat omdat U met my is, geen vyand my sal onderkry nie. U lig sal my pad oorspoel en U krag sal my in staat stel om te staan en die deurbraak te sien. Amen.