Efésiërs 3:20
‘En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,’
– Besef jy dat God in jou hart en lewe werk?
– Hy kan Sy doelwitte vir jou lewe vervul en uitvoer.
– Hy kan oneindig meer doen as wat jy durf vra of dink.
– Hy kan meer doen as jou grootste gebede, hoop of drome.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U in my lewe werk en U planne laat verwesenlik. Ek vertrou op U onbeperkte krag om wonderwerke te doen – dinge wat my in verwondering sal laat. Amen.